Modulekode | JSW 451 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Opvoedkunde |
Module-inhoud | Die doel van hierdie module is om studente met die noodsaaklike kennis en vaardighede aangaande die volgende komponente van die onderrig van Sepedi in skole toe te rus: onderwysbeginsel en onderrigmetodes; grammatika; letterkunde; kreatiewe skryfwerk; assessering en e-leer. Die module bevat die volgende temas: die geskiedenis van die verskillende fases van onderwys in Suid-Afrika en die verskillende onderrigmetodes wat in elke fase gebruik is; NKV- en KABV-prosessering (werkskema, skedule en assessering); meervoudige intelligensies; die fasilitering van grammatikalesse; die fasilitering van letterkundelesse; die fasilitering van kreatiewe?skryfwerklesse en die nasien van briewe en opstelle; vraagstellingsvaardighede vir die fasilitering van assessering (metodes, tegnieke en instrumente); en die aanwending van tegnologie in onderrig. |
Modulekrediete | 3.00 |
Programme | |
Kontaktyd | 2 praktiese sessies per week, 2 lesings per week |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Akademiese organisasie | Geesteswetenskaplike Opvoedkun |
Aanbiedingstydperk | Kwartaal 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App